Skip to main content

This job has expired

Kosterekenmeester/ Cost Accountant

Employer
VDDB Projekdienste
Location
Pretoria Pretoria, Gauteng Tshwane, South Africa
Salary
Competitive
Closing date
Jul 17, 2021

View more

Job Role
Accountant
Sector
Finance
Contract Type
Permanent
Hours
Full Time
VDDB is op soek na dinamiese rekenmeesters wat die gewone finansiële rekeningkunde kan doen, maar ook kostes verstaan, en veral die kostebestuur van kapitaalprojekte in die ingenieurs- en mynbou-omgewing kan ondersteun.

Die ideale kandidaat sal oor die vaardighede en ervaring beskik soos onder "Candidate Requirements" beskryf, en 'n spesifieke belangstelling in kostebestuur hê, en dit in ingenieurs- en bouprojekte kan ondersteun en groei om dit selfstandig te doen saam met projekbestuurders, ingenieurs, bourekenaars en koste-ingenieurs.

Die werk sluit ondersteuning van die senior rekenmeester met gewone finansiële boekhouding in, en dan ook die volgende vir ondersteuning van projekkostebestuur:
  • Projekkostelêer in samewerking met senior projekkostekonsultant saamstel
  • Data versamel en inwerk in projekkostelêer om begroting in te deel, geskatte eindwaardes per begrotingslyn saam te stel, bestelwaardes en beskikbare projekbegroting te bereken en uitgawes asook werklike betalings teen die begrotings te meet.
  • Met bourekenaars saamwerk om konstruksie- en installasiekontrakte te kostes in die oorhoofse projekbegroting te administreer
  • Skakel met en verslae lewer aan kliënt se finansiële bestuur vir hulle finansiële boekhouding.
  • Rekonsiliasies van bestellings, betalings, voorrade
  • Met verskillende geldeenhede tegelyk kan werk
  • Kosteverslae opstel en voorlê
  • Kontantvloeie opstel in samewerking met projekspan
  • Deelneem aan kostevergaderings in die projekspan
  • Vergaderingnotules en taaklyste opvolg
  • Rekordhouding en liassering van projekkosterekords

Groei in hierdie pos kan lei tot bestuursposisies in grootskaalprojekte, soos finansiële bestuurder vir projekte.

Die ideale kandidaat sal 'n BCom-graad hê, en die volgende rekenmeesterspligte kan doen:

Pligte:

1. Daaglikse transaksies inwerk (standaard boekhouding)
2. Rekonsiliasies
3. Stel begrotings en kontantvloeie op

4. Administreer leningsrekeninge
5. Skryf joernale
6. Maandelikse werkstate voorbereiding
7. Help met ontledings en beplanning van kontantvloei

Verwys na die posbeskrywing vir pligte vir projekkostebestuur

Kwalifikasie en vaardighede:
  • Ten minste drie jaar ervaring as rekenmeester of senior klerk
  • Kandidate met BCom of BCompt graad sal voorkeur geniet
  • Goed tweetalig wees in Engels en Afrikaans en goeie kommunikeerder, en moet kan spel
  • Sterk begrip van data en inligtings, en verwerking van groot stelle data met databasistegnieke
  • Fisiese en elektroniese rekordhouding vir inrig en instandhouding van ouditbare rekords
  • Dinamies met goeie probleemoplossingsbenadering.

Ervaring van SageOne of SAP en dataverwerking in Excel sal aanbevelings wees.

Get job alerts

Create a job alert and receive personalized job recommendations straight to your inbox.

Create alert