Skip to main content

This job has expired

Junior Verkoopsverteenwoordiger

Employer
Plaas Media
Location
Pretoria Pretoria Tshwane, South Africa
Salary
Competitive
Closing date
May 17, 2024

View more

Job Role
Other
Sector
Finance
Contract Type
Permanent
Hours
Full Time
Plaas Media is op soek na 'n junior verkoopsverteenwoordiger om algemene verkoopsverwante take te verrig asook advertensiespasie te verkoop. Hierdie is 'n voltydse, kantoorgebaseerde posisie by die maatskappy se kantore in Lyttelton, Centurion. Die pos is gemik op 'n jong persoon wat graag 'n loopbaan in advertensieverkope wil volg, maar nog nie oor al die nodige vaardighede beskik nie. Geen vryskut-verkoopsmense sal oorweeg word nie.

Posbeskrywing:
Marksegmentering en opstel van gereelde marksegmenteringsverslag.
Verkoop advertensiespasie op uitsaai-, aanlyn- en in gedrukte mediaprodukte.
Hanteer bestaande kliëntebasis en bou van 'n nuwe kliëntelys.
Insamel van advertensiemateriaal en kliënte se advertensieplasings.
Hantering en afhandeling van besprekingsvorms.
Bywoning van kliënte- en bedryfsgeleenthede.
Ondervinding of agtergrond in die landboumediabedryf sal tot voordeel wees, maar is nie 'n voorvereiste nie.
Vergoeding is kommissie-gebaseerd, met 'n aanvanklike drie-maande basiese vergoeding van R8,000 plus kommissie, waarna 'n mededingende kommissiestelsel in werking tree.

Die ideale kandidaat:
Moet vlot wees in Afrikaans (moedertaal).
Engels-vaardig (skryf en praat).
Moet oor 'n geldige bestuurderslisensie beskik.
Moet oor goeie navorsingsvaardighede beskik ten einde nuwe kliënte te vind en kliënte se produkportefeuljes te bestudeer.
Leergierige persoon wat vinnig 'n grondige kennis oor die landbouadvertensieverkope-omgewing kan ontwikkel.
Moet oor goeie administratiewe vaardighede beskik.
Moet ‘cold calling' kan doen en oor uitstekende telefoonetiket beskik.
Moet akkuraat kan werk en duidelik kommunikeer.
Moet daarvan hou om met mense te skakel.
Moet onder druk kan werk en daaglikse, weeklikse en maandelikse sperdatums haal.

Get job alerts

Create a job alert and receive personalized job recommendations straight to your inbox.

Create alert